AKTIWITEITE

VAKANSIEPROGRAM

VLOTVAART

‘n Vlotvaart op die Oranjerivier is een van daardie spesiale dinge wat ‘n mens moet doen tydens ‘n besoek aan Orania.  Die sonsopkoms en sonsondergang oor die rivier bly ‘n asemrowende en onvergeetlike gesig.

R120.00 p/p

Ongeveer ‘n uur.
Kinders on 12 jaar – R60

BINNEBANDE

Die ski-binnebande verskaf ure se plesier op verskillende maniere.  ‘n Lui-lekker stroomaf dryf met sonsopkoms gedurende Desember vakansies is ‘n moet.

R175.00 p/p

Vooraf bespreking noodsaaklik.
Minimum 4 persone.
Lewensbaadjies word voorsien.

ROEI

Die breë strook water voor die oewer bied die perfekte speelplek vir roeibote wat te huur is by die oewer se kantoor.  Spane en lewensbaadjies word voorsien.  U is ook welkom om u eie roeiboot saam te bring.

R75.00 p/p

120 min.

VISVANG

Hoewel die oewer nie ‘n groot area beskikbaar het vir hengel nie, is baie groot visse al hier gevang.  Baber, karp en geelvis is van die algemeenste spesies wat hier aangetref word.

R0.00 p/p

Geen visvang lisensies nodig, maar die beleid van “catch and release” word toegepas.

PRET VIR ALMAL

Trapfietse – per fiets per dag

R100.00 p/p

OEWER UBER

BESTUURSLISENSIE NOODSAAKLIK!

Huur per dag  R200

Huur per halfdag  R100

Huur per uur

Kontak Ontvangs