Die Restaurant
Die Oewer Restaurant is, soos die spa, gebou op die wal van die Oranjerivier en bied aan gaste die heerlikste etes, terwyl hulle die uitsig oor die rivier kan geniet.
Die unieke ontwerp van die restaurant skep ‘n binneruimte met plek vir ongeveer 60 gaste terwyl die onderdak sportdek met sy grootskermsport-TV, die ideale kuierplek is vir gaste wat net ‘n drankie wil kom geniet, of sommer net lekker in die buitelug wil eet en kuier. Die aangrensende lapa skep die geleentheid vir groepskuiers of buitelugbraaigeleenthede, terwyl die skemerkelkiedek die mooiste uitsig oor die water het. Die restaurant is ook ‘n uitstekende keuse vir spesiale geleenthede en van die mooiste troues en ander funksies is al hier aangebied. Met sy uitgebreide “a la carte”- spyskaart en spesialiteitswyne, kan hy kompeteer met die beste restaurante in die omgewing. Bekwame restaurantpersoneel sorg dat elke gas se ete uit die boonste rakke is.

Besprekings 072 810 9098

WOW! Wat ‘n ervaring, wat ‘n uitsig! Baie dankie vir die lekker ete. Die spyskaart in Afrikaans en Engels beindruk! Doen so voort!
Baie dankie vir ‘n baie lekker ete! Een van die beste stukkies plesier op my Orania besoek!