DIE SPA

Die kombinasie van lopende water, hout, graniet en die fynste blou glasware skep ‘n stylvolle interieur in ‘n besondere gebou.

Besprekings : 071 673 9705

Epos : besprekings@oraniarivierspa.co.za

Met die mooiste uitsig oor die rivier is die spa ‘n argitektoniese baken binne die oord en welbekend vir die “welgeluksaligheidservarings” en kwaliteit- behandelings wat aan gaste gebied word. 

Die luukse van ‘n stoomkamer wat uitkyk oor die boonste dek en die rivier, terapiekamers wat jou snoesig en geborge laat voel, ‘n klipbad met ‘n uitsig oor die tuin en goeie produkte wat die ervaring komplementeer, maak ‘n spabesoek telkens ‘n onvergeetlike ervaring.