Die Oewer Hotel
VANAF 2010
Die Oewer Hotel is ‘n pragtige viersterboetiekhotel op die wal van die Oranjerivier. Opgedeel in twee identiese vleuels aan weerskante van die stylvolle ontvangsarea is daar agt dubbel- en vier familiekamers om van te kies. Elke kamer het ‘n en-suitebadkamer en is verder toegerus met plasma-televisie, DSTV, lugversorging, kroegyskas en komplimentêre tee en koffie. ‘n Haardroër en kluis is ook standaardtoerusting vir al die kamers.
Die ruim en stylvolle dubbelkamers kan ‘n koninggrootte dubbelbed of twee enkelbeddens bevat en die badkamers is toegerus met storte. Die familiekamers op die boonste vlak het ‘n tweede slaapkamer by, toegerus met twee enkelbeddens. Die boonste badkamers het ‘n bad/stort- kombinasie . Die sitkamergedeelte van elke kamer loop uit op ‘n privaat dek met dekmeubels en het ‘n uitsig oor die rivier of oor die aangrensende oewerbos.