KAMPTERREIN
STAANPLEKKE
R350.00 p/n per staanplek
plus R10.00 per persoon
R350.00 p/n per staanplek
(Pensionarisse)
INLIGTING VIR KAMPERING
Ons kampterrein het ongelukkig nie koelte nie.
- Staanplekke 1 en 2 se afmetings is 11m x 11m en is geskik vir groter woonwaens en campers.
- Staanplekke 3 en 4 se afmetings is 9m x 9m en is geskik vir kampwaentjies of kein woonwaens.
- Staanplek 5 se afmetings is 7m x 9m en is slegs geskik vir voertuie met daktente of vir kleiner tente.
- Ons staanplekke het grasbedekking en dus vereis ons skadunet grondseile onder tente met soliede vloere, in rally tente en oral waar u baie beweeg of sit en kuier.
- Staanplekke is toegerus met ‘n kragpunt, varswaterpunt, lig, verskuifbare braaier met rooster, asblik en as-emmer.
- Die blou woonwaproppe word gebruik op 16 amp kragprop en die 6 amp kragprop is ‘n gewone driepunt prop wat net geskik is vir ‘n yskas, lig en selfoonlaaier.
- Blou prop aanpassers is te kry by Ontvangs. (Besorg asb terug wanneer u vertrek.)
- Skadunet grondseile is te huur by Ontvangs. (Besorg asb terug wanneer u vertrek.)
KAMPHUISIES
Maak 'n bespreking
Tarieflys buite seisoen
Tarieflys hoogseisoen
BUNDU
R500.00 p/n (sonder linne)
R620.00 p/n (met linne)
Hoogseisoen:
R550.00 p/n (sonder linne)
R680.00 p/n (met linne)
KAMPHUISIE
Dakwoonstel
• Kamphuisie (geen TV)
• Kombuis: Kroegyskas, mikrogolf, eetgerei, breekgoed ens.
• Slaapkamer en kombuis/sitkamer is een vertrek
• Geen badkamer – gebruik ablusiegeriewe
• Twee enkelbeddens. Linne en handdoeke (Bring u eie swemhanddoeke saam asb.)
• Lugversorging
• Braai en dekmeubels
• Komplimentêre tee en koffie vir eerste nag se verblyf
SAFARI
R500.00 p/n (sonder linne)
R620.00 p/n (met linne)
Hoogseisoen:
R550.00 p/n (sonder linne)
R680.00 p/n (met linne)
KAMPHUISIE
Dakwoonstel
• Kamphuisie (geen TV)
• Kombuis: Kroegyskas, mikrogolf, eetgerei, breekgoed ens.
• Slaapkamer en kombuis/sitkamer is een vertrek
• Geen badkamer – gebruik ablusiegeriewe
• Dubbelbed. Linne en handdoeke (Bring u eie swemhanddoeke saam asb.)
• Lugversorging
• Braai en dekmeubels
• Komplimentêre tee en koffie vir eerste nag se verblyf
KAMPREËLS
-
GEEN soliede grondseile asb.
-
Gebruik grofgeweefde skadunet grondseile onder tente, as vloerbedekking in rally tente en ook oral waar u sit en kuier om die gras te beskerm.
-
GEEN as mag in asblikke gegooi word nie. Gebruik die metaalemmers wat voorsien word. (navraag by Ontvangs)
-
Skottelgoed moet asb slegs by die kombuiswasbak van die ablusieblok gewas word.
-
GEEN warm water uit ‘n ketel of kastrol mag op die gras of bome uitgegooi word nie. Gooi uit op plaveisel ryvlak as u moet.
-
GEEN warm bak of pot vanaf die vuur of ‘n stofie mag op die gras neergesit word nie.
-
GEEN harde musiek of gekuier asb.
-
ONTHOU om ablusiesleutels in sleutelbussie te gooi voordat u vertrek.
-
Besorg ook enige items wat u geleen of gehuur het terug by Ontvangs.
Bespreek nou jou verblyf!
Doen nou ‘n bespreking vir jou verblyf by Aan-die-Oewer!